Blind Faith

Blind Faith I am a author who likes to motivate people. On this page you get to tell your story for everyone have a story to tell.

’n Brief aan my PaLiewe PaSoos die tyd verbygegaan het, het ek besef hoe God elke seisoen van ons lewens gebruik om ons ...
23/06/2026

’n Brief aan my Pa

Liewe Pa

Soos die tyd verbygegaan het, het ek besef hoe God elke seisoen van ons lewens gebruik om ons te vorm. Ons verlede lê agter ons, maar die herinneringe bly kosbaar in my hart.

Ons verhouding as pa en dogter was nog altyd spesiaal, ’n band wat ek glo deur God self gevorm is. Deur die goeie en die moeilike tye was Pa altyd deel van my lewe, en vandag kies ek om dankbaar te wees vir elke mooi herinnering wat die Here vir ons gegee het.

Ek onthou die dae wat ons na die asgate toe gegaan het, dit was vir my ’n avontuur. In daardie eenvoudige oomblikke het ek vreugde gevind. Nou besef ek dit was nie net oor die goedjies wat ek gekry het nie, maar oor die tyd saam met Pa, ’n geskenk wat geen geld kan koop nie.

Ek glimlag nog wanneer ek d**k aan al die diertjies wat ek huistoe gebring het. Pa het my altyd gehelp, (al het ma dit nie goedgekeur nie) selfs wanneer dit nie maklik was nie. Daardie liefde en geduld het my geleer om om te gee, ’n eienskap wat ek vandag nog dra en wat my kinders ook geërf het.

Ek glo dit is deel van die liefde wat God in ons harte geplant het.
En dan was daar Optel, die foxterier hondjie wat my so getrou ingewag het. Sy lojaliteit herinner my vandag aan hoe getrou God ook teenoor ons is. Soos daar geskryf staan: “Die Here is getrou in al Sy weë en goedertieren in al Sy werke.” (Psalm 145:17).

Ek wens my kinders kon sulke eenvoudige, betekenisvolle tye beleef het, tye waar liefde nie in dinge gemeet word nie, maar in teenwoordigheid en saamwees. Dit was werklik geseënde oomblikke.

Ek onthou ook ons visvang-naweke en al die ander tye wat ons saam gedeel het. Dit was alles deel van die pad wat die Here vir ons uitgelê het.

Vandag wil ek vir Pa sê, terwyl ons nog die geleentheid het: ek is dankbaar dat ek Pa se dogter is. Ek sien Pa nie altyd soveel as wat ek sou wou nie, maar Pa bly in my hart en in my gebede. As ek kon, sou ek elke kans gebruik het om tyd saam met Pa deur te bring en ek weet my kinders sou dit ook geniet het.

Pa, dankie vir alles, vir die liefde, die leiding, en selfs die moeilike tye. Want deur dit alles het God my gevorm tot die mens wat ek vandag is.

Mag die Here Pa seën en bewaar, en mag Sy vrede altyd by Pa wees.

Met liefde,
Jou dogter.

Jackie Jacobs ©️

Nog ’n Koshuisstorie: Genade in GebrokenheidNa ’n paar maande in die koshuis het ek ’n kamer met Suzzy gedeel. Ons het g...
21/06/2026

Nog ’n Koshuisstorie: Genade in Gebrokenheid

Na ’n paar maande in die koshuis het ek ’n kamer met Suzzy gedeel. Ons het goeie vriendinne geword, en ek wou selde huistoe gaan oor naweke of vakansies. Die koshuis het vir my soos ’n toevlug gevoel –, ’n plek waar ek behoort het.
Daar was egter ’n vakansie waar ek moes huistoe gaan omdat die koshuis gesluit het. Ek het eerder by Suzzy gaan kuier, want my hart was reeds daar waar ek aanvaar gevoel het.

Een dag het ’n nuwe meisie in die koshuis aangekom. Sy was jonger as ek, stil en teruggetrokke. Niemand het regtig van haar gehou nie. In ’n oomblik van kinderlike wreedheid het ons een aand haar hare met sjampoe gegooi terwyl sy geslaap het.
Maar later het iets in my hart begin roer. Ek het haar jammer gekry, want ek het geweet hoe dit voel om nie in te pas nie.

Met tyd het ons vriende geword.
Daar was iets weerloos aan haar en iets wat my aan myself herinner het. Sy was skaam, stil en gebroke… net soos ek. Ons het alles saam gedoen, maar sy het min oor haar huis gepraat.

Ten spyte van ons seer, was daar steeds lekker oomblikke:
Brood wat met ’n strykyster getoast word.
Sondae se ekstra poeding wat ’n onderwyser nie wou hê nie.
Mekaar gooi met ertjies terwyl ons in die eetsaal bid.
Ek het ook nie vergeet van die meneer wat grondboontjiebotter op sy appels eet nie 😃.
Dit was eenvoudige dinge, maar dit het ons laat lag.

Selfs in gebrokenheid gee God soms klein stukkies vreugde om ons aan die gang te hou.

Een dag het Mandie by my kom huil.
Sy wou nie meer huistoe gaan nie.
Toe breek sy: haar stiefpa het haar verkrag… en dat sy swanger is.
My hart het gebreek. Ek wou haar net beskerm, haar wegsteek van alles wat haar seermaak.

Tyd het aangegaan, en soos haar swangerskap begin wys het, moes sy ander meisies se klere dra.
Kinders het begin spot. Vrae het gekom. Sy het al hoe meer alleen geword.

Ek het geweet ek staan voor ’n keuse.
Om stil te bly… of om te help.
Om haar te beskerm, het ek uiteindelik na die koshuismoeder gegaan. Ek het daardie dag bitterlik gehuil, want ek het gevoel ek breek haar vertroue.
Maar diep binne het ek geweet:
“Die Here roep ons nie net om lief te hê nie, maar ook om reg te doen.”
Kort daarna het haar ouers haar kom haal. Ons het geen beheer gehad oor wat daarna gebeur het nie. Die stelsel het haar gefaal.
Dit was die laaste keer wat ek haar ooit weer gesien het.

Vir jare het ek met skuldgevoelens rondgeloop. Ek het gevoel ek het haar verraai.
Maar met tyd het God my geleer van genade.
Ek het besef:
Ek was net ’n kind.
Ek het opgetree uit liefde.
Ek het gedoen wat ek kon.
Ek het myself vergewe.
En vandag bid ek steeds dat Mandie veilig, gesond en heel is. Ek hoop dat sy my ook kon vergewe.

Die lewe het my geleer dat rillers nie net op televisie gebeur nie.
Hulle leef soms in die werklikheid.

Maar nog belangriker is dat God se lig selfs in die donkerste plekke skyn.
Soms gebruik Hy gebroke mense…om lig te bring in ander se donker.
En soms is die pyn wat ons oorleef, die ding wat ons sterker, wyser en nader aan Hom maak.

Jackie Jacobs ©️

Daar is 'n bekende sêding wat lui: "As die nood op die hoogste is, is die redding naby." Soms stuur die Here nie 'n groo...
19/06/2026

Daar is 'n bekende sêding wat lui: "As die nood op die hoogste is, is die redding naby." Soms stuur die Here nie 'n groot wonderwerk uit die wolke nie. Soms stuur Hy bloot 'n onderwyser op jou pad om jou lewe te red.

Ek sal daardie spesifieke dag nooit vergeet nie. Op 16-jarige ouderdom was ek emosioneel, geestelik en liggaamlik op breekpunt. My huislike omstandighede was baie moeilik. Ek was stukkend, diep depressief, en my liggaam het begin tou opgooi. Ek het geweier om te eet en 'n pynlike maagsweer ontwikkel. Ek was 'n skaam, teruggetrokke kind wat heeltemal verlore was in die donker. Ek het nie geweet wie ek is nie. Ek het geen "to go person" gehad om na toe te hardloop nie.

Maar God het my nie gelos nie. Omdat ek op daardie stadium nie naby aan Hom was nie, het Hy vir my 'n menslike engel gestuur.
'n Juffrou het my raakgesien. Sy het my die hand uitgereik en my aangebied om koshuis toe te gaan. Ek het die aanbod aanvaar.

Alhoewel dit aan die begin geweldig moeilik was om aan te pas, het daardie koshuisjaar my redding geword.
Sy was besorgd oor my gesondheid en het my dokter toe geneem. Dit was die oomblik toe my ou lewe uitmekaar geval het, nie oor die dokter nie, maar omdat ek van daardie dag af my ware self moes begin soek. Dit was die begin van 'n rowwe, opdraande pad. Wat ʼn uitdaging.

Ek was bang vir haar, en ek d**k baie ander kinders was ook. Maar met tyd het ek haar ware hart gesien. Sy was nie die streng juffrou van die skoolbanke nie; sy was die hand wat my uit die diep water getrek het.

Vandag staan ek hier met niks anders as diep, onvoorwaardelike respek vir haar nie.
Ek vertel hierdie storie vandag nie om te fokus op die donkerte van my 16-jarige self nie, maar om vir julle hoop te gee. As jy vandag stukkend voel, onthou dat jou omstandighede nie jou eindbestemming is nie. Soms moet jou lewe eers uitmekaar val sodat die regte stukke op die regte plekke teruggesit kan word.

Kyk op, want selfs in jou donkerste uur, stuur die Here mense om die pad vir jou lig te maak. En vir my juffrou, wat vandag nogsteeds by dieselfde skool is: Dankie dat jy God se hande en voete was toe ek dit die nodige gehad het. Jy het my lewe gered.

Baie dankie.

Jackie Jacobs ©️

Ek wil vandag iets deel wat ek lank in my hart dra …Ek het nog altyd gewens ek was anders.Minder skaam. Minder “weird”. ...
16/06/2026

Ek wil vandag iets deel wat ek lank in my hart dra …
Ek het nog altyd gewens ek was anders.
Minder skaam. Minder “weird”. Meer soos mense wat maklik praat, maklik inpas, maklik raakgesien word.

Ek het gewonder:
“Here, hoekom het U my so gemaak?”
Maar hoe meer ek groei in my geloof, hoe meer begin ek iets verstaan…
Die Bybel sê in Psalm 139 dat ons “wonderbaarlik gemaak” is.
Nie per ongeluk nie. Nie verkeerd nie. Wonderbaarlik.

Dit beteken… God maak nie foute nie.
My skaamheid?
Miskien is dit nie swakheid nie, maar sagtheid. ’n Hart wat voel. ’n Gees wat luister.
My “weirdness”?
Miskien is dit nie iets om weg te steek nie, maar iets wat my uniek maak, iets wat God doelbewus in my gesit het.

Die wêreld sê: “Wees soos almal anders.”
Maar God sê: “Wees wie Ék jou gemaak het om te wees.”
In 1 Samuel leer ons dat mense kyk na die uiterlike, maar die Here kyk na die hart.
En dalk… net dalk…
is my hart presies wat God wil gebruik.
Want God gebruik nie net die luidrugtiges en selfversekerdes nie.

Hy gebruik ook die stil mense. Die onseker mense. Die mense wat voel hulle pas nie in nie.
Hy gebruik mense soos ek… en soos jy.

So vandag wil ek nie meer bid om iemand anders te wees nie.
Ek wil bid vir moed sodat ek kan wees wie God gemaak het.
Om my stem te gebruik, al bewe dit.
Om my plek in te neem, al voel dit ongemaklik.
Om te glo dat ek genoeg is… omdat Hy my gemaak het.
Want my waarde lê nie in hoe gemaklik ek inpas nie…
maar in Wie my geskep het.
En Hy maak nie foute nie.

Jackie Jacobs ©️

HOE SEERKRY EN SWAARKRY JOU KAN VERANDERDis ’n diep en eerlike gedagte. Seerkry en swaarkry kan ’n mens baie eensaam laa...
05/06/2026

HOE SEERKRY EN SWAARKRY JOU KAN VERANDER

Dis ’n diep en eerlike gedagte. Seerkry en swaarkry kan ’n mens baie eensaam laat voel, en daar is ’n paar redes hoekom dit gebeur:

Wanneer jy seerkry, of dit nou emosioneel of fisies is, trek jy dikwels terug. Dis amper soos ’n natuurlike beskermingsmeganisme. Jy wil jouself beskerm, maar dit maak dat jy minder met ander deel of kontak maak.

Swaarkry kan ook maak dit vir jou voel dat
niemand regtig verstaan waardeur jy gaan nie.
Jy wil nie ander mense “pla” met jou probleme nie.
Jy begin glo dat jy alles alleen moet hanteer.
En dan bou daardie stilte en afstand stadig op… en dit voel soos eensaamheid.

Maar hier is iets belangrik:
Eensaamheid beteken nie jy is werklik alleen nie. Dit beteken net jou hart voel afgesny van ander op daardie oomblik omdat jy seer het.

Soms help dit om met een persoon eerlik te praat (al is dit moeilik). Jy kan ook jou gevoelens neer skryf of selfs net klein gesprekke aan te knoop met iemand of om net te groet.

Jy hoef nie alles alleen te dra nie, al voel dit so.

Seerkry en swaarkry verander ’n mens op baie vlakke, soms stil, soms drasties. Dit verander hoe jy d**k, voel en na die wêreld kyk.

Hier is ’n paar maniere hoe dit jou kan verander:

1. Jy raak meer gesluit of beskermend
Wanneer jy baie seergekry het, bou jy mure. Jy vertrou minder maklik, en jy deel nie meer so vinnig jou hart nie. Dis nie swakheid nie, dis jou manier om jouself te beskerm.

2. Jy begin die wêreld anders sien
Jy verloor dalk ’n bietjie van jou onskuld of “ligtheid”. Dinge voel ernstiger, en jy raak meer bewus van pyn, joune en ander s’n.

3. Jy ontwikkel dieper empatie
Omdat jy self swaar gekry het, verstaan jy ander se pyn beter. Jy kan sagter raak teenoor mense wat sukkel.

4. Jy kan óf bitter raak, óf sterker groei
Seerkry gee jou twee paaie:
Dit kan jou hard en bitter maak
Of dit kan jou dieper, wyser en sterker maak
Die verskil lê nie in wat met jou gebeur het nie, maar hoe jy dit verwerk.

5. Jy leer wat regtig saak maak
Swaarkry stroop baie oppervlakkige dinge weg. Jy begin die volgende te waardeer:
* egte mense.
* eerlikheid.
* klein oomblikke van vrede.

6. Jy raak bewus van jou eie krag
Al voel jy gebreek, ontdek jy later: “Ek het dit oorleef.”
En daardie besef verander iets binne jou.
Maar hier is die belangrikste ding:
Jy hoef nie vir altyd die “weergawe van jou” te bly wat uit pyn gebore is nie. Jy kan stadig weer oopmaak, weer hoop, weer lig vind.

HOE OM JOUSELF WEER TE VIND NA SEERKRY EN SWAARKRY

Dis ’n baie eerlike en belangrike vraag. Ná swaarkry voel dit dikwels of jy nie meer weet wie jy is nie, so asof jy iets van jouself verloor het. Maar die waarheid is: jy is nie weg of het iets verloor nie … jy het net verander, en is besig om weer gevorm te word.
Hier is ’n paar sagte, werklike maniere om jouself weer te vind:

1. Aanvaar dat jy nie meer dieselfde is nie
Moenie probeer teruggaan na wie jy was voor die seer nie. Daardie weergawe van jou het nie deur hierdie dinge gegaan nie.
Vra eerder: Wie is ek nou, ná alles?
Dis waar jou nuwe begin lê.

2. Gee jouself tyd (sonder druk)
Genesing is nie vinnig nie. Party dae voel jy sterk, ander dae breek jy weer oop. Dis normaal.
Jy hoef nie “reg” te wees volgens ’n tydlyn nie.

3. Herontdek klein stukkies van jouself
Begin klein:
Wat laat jou net ’n bietjie ligter voel?
Watter dinge het jy vroeër geniet?
Is daar iets nuuts wat jou nuuskierig maak?
Dis nie groot antwoorde nie maar wel klein leidrade terug na jouself.

4. Leer om weer te voel (sonder om te vlug)
Baie mense sluit hul emosies toe ná seerkry. Maar om jouself te vind, moet jy weer voel, selfs al is dit ongemaklik.
Hartseer, kwaad, bang … dit alles is deel van jou menswees.

5. Praat met iemand wat veilig voel
Jy hoef nie alles alleen te dra nie. Een persoon soos ’n vriend, familielid, of selfs ’n vreemdeling wat kan luister en kan help om die las ligter te maak.

6. Bou weer vertroue stadig op
Nie almal gaan jou seermaak nie. Maar jy hoef ook nie blindelings te vertrou nie.
Kies mense versigtig, en gee net soveel van jouself as wat veilig voel.

7. Wees sag met jouself
Jy het oorleef. Dit op sigself is iets groots.
Moenie jouself straf omdat jy verander het nie. Jy doen die beste wat jy kan met wat jy dra.

8. Skep ’n nuwe weergawe van jouself
Jy is nie besig om terug te gaan nie want jy is besig om vorentoe te bou.

En hierdie nuwe jy kan:
* sterker wees
* meer bewus wees
* meer eg wees

’n Belangrike waarheid om aan vas te hou:
Jy is nie gebreek nie maar jy is besig om te herstel.

Blinde Geloof ©️

As vroue dra ons almal op een of ander stadium daardie selfde blinddoek. Dit is nie 'n blinddoek wat ons self gekies het...
22/05/2026

As vroue dra ons almal op een of ander stadium daardie selfde blinddoek. Dit is nie 'n blinddoek wat ons self gekies het nie. Dit is die blinddoek van die lewe se onsekerhede.
Dit is die oomblik wanneer jou kind swaarkry en jy nie weet hoe om dit reg te maak nie.
Dit is wanneer jou gesondheid of jou finansies wankel, en die toekoms soos 'n donker, digte mis lyk.

Dit is wanneer jy aan jouself vra: "Waarheen is ek oppad, en is ek amper daar?"
Die wêreld vertel vir ons: "Sien is glo." Ons wil eers die waarborg hê, ons wil eers die bankbalans sien, ons wil eers die mediese verslag hê wat sê "alles is reg," vóór ons vrede maak. Maar vandag praat ek oor Blinde Geloof.... Geloof wat sê: "Ek kan nie die volgende honderd treë sien nie, maar ek gaan nogtans my voet neersit vir die eerste tree."

Drie Lesse van die Pad

As ons na die vrou op die pad kyk, leer sy ons drie diep lesse oor wat dit beteken om met blinde geloof te leef:

Les 1: Blinde geloof beteken nie jy is rigtingloos nie.

Die vrou op die foto loop nie in sirkels in 'n donker kamer nie; sy is op 'n pad. Haar oë is bedek, maar haar voete is op die regte spoor.
Vir jou as vrou beteken dit: Net omdat jy op die oomblik nie weet hoe jou toekoms gaan uitwerk nie, beteken dit nie jy is verlore nie. 2 Korintiërs 5:7 herinner ons: "Ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie." Blinde geloof is nie onverantwoordelik of dwaas nie. Dit is 'n doelbewuste besluit om jou hand in die hand van die Skepper te plaas en te sê: "Ek kan nie sien nie, maar ek vertrou die Gids."

Les 2: Die storms verander nie die Bestemming nie
Kyk na die agtergrond van die prent.
Die son is besig om deur te breek, en daar is 'n kruis in die lig. Die lig is reeds daar, selfs al kan die geblinddoekte vrou dit nie met haar fisiese oë sien nie.
Jou deurbraak, jou genesing en jou vrede is reeds gereed gemaak. Die feit dat jy dit vandag nog nie kan sien of voel nie, verander niks aan die feit dat God reeds in jou môre is nie. Geloof is die oortuiging van die dinge wat ons nie sien nie. Jy hoef nie die son te sien om te weet dit gaan opkom nie.

Les 3: Jy stap nie alleen nie
Op die foto is daar 'n ander vrou wat kyk, en nog een wat vooruit stap. Niemand van ons hoef hierdie pad van die lewe alleen te stap nie. As jou geloof vandag min is, mag jy leun op die geloof van iemand langs jou. Ons moet hier wees om mekaar se hande vas te hou wanneer die pad rof raak en die blinddoek te swaar druk.
As vroue dra ons almal op een of ander stadium daardie selfde blinddoek. Dit is nie 'n blinddoek wat ons self gekies het nie. Dit is die blinddoek van die lewe se onsekerhede.

Jacqueline Jacobs / copyrights ©️

Soms moet mens net daai kans vat om te glo in wat jy nie kan sien nie.
12/05/2026

Soms moet mens net daai kans vat om te glo in wat jy nie kan sien nie.

Address

Boksburg

Telephone

+27683614223

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Blind Faith posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share