20/07/2026
🤍 My beker loop oor......
Ek weet eerlikwaar nie hoe om dankie te sê nie.
Sedert Carte Blanche uitgesaai is, het ek boodskappe, navrae en bestellings van regoor Suid-Afrika ontvang. Elke e-pos, WhatsApp, oproep en bestelling het my diep geraak.
Vir baie is dit dalk net koffie. Vir my is dit soveel meer.
Dit is 'n droom wat stadig maar seker vorm aanneem.
Dit is betekenisvolle werk vir siggestremde mense wat elke pakkie met trots verpak.
Dit is hoop.
Dit is geloof.
Dit is mense wat besluit om op te daag en mekaar te ondersteun.
Ons praat dikwels oor hoe ons Suid-Afrika wil sien groei.......dít is hoe dit gebeur.
Wanneer ons plaaslik ondersteun.
Wanneer ons agter klein ondernemings staan.
Wanneer ons kies om mense se stories deel te maak van ons eie.
Van Worcester......tot in huise regoor Suid-Afrika.
Dankie dat julle in ANNA glo.
Dankie dat julle hierdie storie saam met my leef.
My hart en my beker, loop oor. 🤍
📍ANNABeleef (Ou Tronk) Distilleryweg 2 Worcester
📞 0716103232
📧 [email protected]
Liefde ANNAlize
BELEEF | INSPIREER | LEEF