Munies Restaurant & Club

Munies Restaurant & Club Munies Restaurant at the PMRC is now managed by INSANE Events and Catering. Three different Venues to choose from for your Special Function..!!

28/10/2016
Hallo daar Vriende, Vriendinne, Klublede, Mooters en Pretorianers.. Baie Dankie vir al die ondersteuning die afgelope 9 ...
28/10/2016

Hallo daar Vriende, Vriendinne, Klublede, Mooters en Pretorianers.. Baie Dankie vir al die ondersteuning die afgelope 9 maande. Ons was lekker besig en nou raak dit nog meer besig soos wat die einde van die jaar nader kruip..!!
Wat het gebeur die afgelope tyd hier by ons... Die Netbal Seisoen was baie suksesvol met tussen 200 en 300 Netbal Spelers elke Donderdag aand kon dit nie anders nie.. Hul het die seisoen afgesluit by ons in Egte Hawaiese Styl en tussen 500 en 600 mense het heerlik by Ons gekuier. Veerpyltjie, Rolbal en Ringtennis toernooie het ons ook lekker besig gehou en heelwat Spanbou funksies het hier plaasgevind wat gewissel het van Kook Kompetisies, Kareoke en sommer net lekker kuier..!!
Soos ek se... die einde van die jaar is hier.. as jy nog nie hier by ons kom kuier het nie het jy voorwaar uitgemis...!!
Ons het nog plek oop vir jou Eindjaar Funsie, Verjaarsdag of Huweliks Herdenking. Kom kies tussen die Groot Saal(150), Lapa(200+) of Konferensie lokaal(70) om jou jaar op 'n hoogtepunt af te sluit..!! Ons Drie "Watergate" les jou dors teen die beste pryse in Pretoria..!! Die Restaurant se spyskaart bied 'n verskeidenheid etes en doen spyseniering wat wissel van Spitbraai, Buffet Etes, Braai en Peusel Borde..!!
Ons se dankie aan IMATU, Steyns Ford, Depte van Landbou, Arbeid, Steve Biko Hospitaal, SBAH X-Strale Afdeling, SA Reserwe Bank, ens en ook 'n heelpaar privaat instansies wat alreeds die die jaar saam ons gaan afsluit... jul gaan lekker hier by ons kuier..!!
Kom maak 'n draai en beleef Munies Restaurant en Klub se aangename atmosfeer, Groen Gras, Pers Jakarandas en veilige parkering.
Heelaas.... Soos ons gereelde Besoekers weet.. Waars Dit Lekkerrr... Hiers dit LEKKERRR...!!

23/06/2016

SATERDAG 25 Junie 2016. Rugby - SUID AFRIKA teen Ireland om 17:00. Prys vir die bes geklede SPRINGBOK. Heerlike SOP en SHERRY. Vir slegs R60 per persoon. Daar gaan lekker '60s en '70s musiek gespeel word, vir die wat wil dans. Lekker pryse te wen met die dansery! Kom kuier saam en word deel van die Munies familie.

Hallo Daar Klub Lede, Vriende en Vriendinne, die skool vakansie is iets van die verlede en ons hoop almal het 'n heerrli...
06/04/2016

Hallo Daar Klub Lede, Vriende en Vriendinne, die skool vakansie is iets van die verlede en ons hoop almal het 'n heerrlike Paas naweek breek geniet...!!!
Hier by Munies Restaurant en Klub is alles weer terug na normaal en KOOK ons alweer soos altyd..!!
Munies het met groot sukses voedsel en verversings verskaf aan die SA Lugmag tydens die gedenkdiens van SA se mees gedekoreerde Helikopter Vlienier... daar was 'n totaal van ongeveer 700 gaste by Hanger5 Swartkops Lugmag Basis. Die geleentheid was een reuse sukses... Baie Dankie Leonie en Kie wat bygedra het om die geleentheid te organiseer.... hierdie is EEN vir die Rekord Boeke hier by die Klub...!!
Donderdag kuier Metropolitan saam met ons in ons konferensie fasiliteit... Sterkte aan Carmen Biggars met al jou reelings..!! Jul gaan verseker lekker kuier hier by ons...!!
Donderdag aand word die LINCA Netbal toernooi hervat... heerlike wegneem etes sal weer te koop aangebied word... Kerrie en Rys(R25), Vetkoek en Mince(R25), BoereWorsRol(R25), Chicken Strips en Chips(R25), Jaffels(R20), en ander verasings...!! Stop sommer hier na werk en geniet die Netbal en kuier 'n rukkie by ons Kroeg met die beste drankie pryse inni Moot... en beslis ook die beste atmosfeer...!!!
Vrydag is ons 450g T-Been Special weer aan vir R69, saam met Pap en Sous of Chips of Kapok Aartappels of Slaai bedien saam met 'n Plaasvars Groente Kebab... Jip 69 was Lance Klusener die Bekende Krieket speler se no op sy rug en hy was 'n Bielie van 'n Bouler... en die 69 het verskeie ander betekenisse maar hier by Munies Restaurant en Klub is dit 'n absolute watertand dis om die etenstafel en beslis 'n wenner..!!
Saterdag is dit 'n verjaarsdag partytjie hier by die Klub... Baie Geluk en Sterkte aan Charlene... eks oortuig daarvan dat ons weer lekker saam met jou gaan kuier...!!
As jy nog nie 'n Venue het vir jou EindJaar Funsie, Herdenkings en/of Verjaarsdag Funfsie nie... kom loer gerus in hier by die Klub met die beste fasiliteite...!! Landlyn 012 329 3418

Hallo Almal.... in die gees van die reenerige weer... lekkorrr pannekoeke hier by Munies Restaurant en Klub.... Maak 'n ...
18/03/2016

Hallo Almal.... in die gees van die reenerige weer... lekkorrr pannekoeke hier by Munies Restaurant en Klub.... Maak 'n draai voor dit op is...!!!

Dit was 'n nat en reenerige naweek.... en ons is sooo dankbaar vir die heerlike reenval.... maar danksy die warm atmosfe...
15/03/2016

Dit was 'n nat en reenerige naweek.... en ons is sooo dankbaar vir die heerlike reenval.... maar danksy die warm atmosfeer hier by Munies Restaurant en Klub het ons weer lekker saam gekuier die naweek...!! Dankie aan ons Klub Lede en gereelde besoekers vir jul awesome ondersteuning...!!
Vandag speel ons Netbal.. Linca Netbal Toernooi skop af vandag vanaf so 18h00. Ons gaan soos altyd weer "KOOK".. oppi kostafels gaan wees Kerrie en Rys R25, Vetkoek en Mince R25, BoereWorsRolle R25, RibRolls R25 en Jafels R20..!! Stop gerus vir 'n Take Away... vertoef 'n wyle by ons en wees deel van die Klub met die beste "Atmosfeer" en beste kroeg pryse in die Moot... jy sal nie spyt wees nie...!!! Sterkte aan Reinette en al die organiseerders met die reelings vir die Toernooi... dit gaan 'n GROTE wees..!!
Woensdag is die BGN Rolbal Mans op die bane en Woensdag Aand is dit die Business League Bowls se Prys Uitdeling. Sterkte ook aan ons Rolbal President, Marius met al jou reelings.
Donderdag aand is dit weer Linca Netbal en al Munies restaurant en Klub se lekkerrr wegneem etes sal weer beskikbaar wees.
Vrydag T-Been dag R69.00... vir die beste 450g T-Been en Chips/Pap/Mash/Slaai en 'n heerlike groente kebab...!!
Vrydag aand Speel die Bulls en Sharks om 19h00. As jy nie Loftus toe gaan nie is Munies Restaurant en Klub die plek om te wees want ons wys die wedstryd op die Groot Skerm en verseker gaan ons lekker kuier...!!
Hier vanaf Munies Restaurant en Klub wens ons jul 'n geseende week toe...!!!

Whoooo.... reenweer... Pannekoek weer... heerrrlike pannekoek by Munies Restaurant en Club... maak vinnig n draai anders...
10/03/2016

Whoooo.... reenweer... Pannekoek weer... heerrrlike pannekoek by Munies Restaurant en Club... maak vinnig n draai anders mis jy uit...!!!

Jip.... Hoe gaan daai liedjie... BraaiVleis, Rugby, Sonneskyn en MUNIES Klub.... mmmm...!!Dinsdag aand is die Bowls Supe...
08/03/2016

Jip.... Hoe gaan daai liedjie... BraaiVleis, Rugby, Sonneskyn en MUNIES Klub.... mmmm...!!
Dinsdag aand is die Bowls Super 6 Prysuitdeling. Aan Francis Channer en haar span... Baie Dankie vir afgelope 4 weke se hard speel en lekker kuier. Sterkte met jul verrigtinge Dinsdag aand.
Woensdag is die Business League Bowls weer aan die kook in hul laaste speel week... Spyker maak die Musiek en die "Runners" sorg dat almal iets vir die keel het..!! Op die Spyskaart is allerhande lekkorrr etes... Kerrie en Rys R25, Vetkoek en Mince R25, Hoender Pastei R30, BoereWorsRol R25, RibRoll R25 en Jaffels R20. Stop sommer na werk.. Kom kuier saam.. eet iets hier of vat iets saam huistoe want dis Klein Saterdag... en neem ietsie by ons Kontant kroeg met die beste pryse in die Moot.
Donderdag begin die Linca Netbal toernooi en dit blyk dat 2016 die beste jaar ooit gaan wees...!! Sterkte aan al die deelnemers en ons sien uit daarna om jul by Munies Restaurant en Klub te ontvang..!! Op die Spyskaart is weereens die volgende etes... Kerrie en Rys R25, Vetkoek en Mince R25, Hoender Pastei R30, BoereWorsRol R25, RibRoll R25 en Jaffels R20. En ook lekker goedjies uit die snoepie vir jonk en oud..!!
Vrydag doen ons weer die 450g T-Been met Chips of Pap of Mash of Slaai met 'n side veggie vir R69..!!
Saterdag het ons vir Charmaine, Shani en Rene hier vir 'n BurgerBraai Galore... Sterkte met jul funksie...!!!
Moenie huiwer om by Munies te kom kuier.... kom sien vir jouself hoe lekker is dit hier en bespreek ons vir daai spesiale geleentheid wat jy graag 'n sukses van wil maak...!!

Hallo Daar aan al ons Gunsteling Kliente...!!!Dis weer tyd vir 'n weeklikse "Update"Woensdag Aand is dit weer tyd vir di...
02/03/2016

Hallo Daar aan al ons Gunsteling Kliente...!!!
Dis weer tyd vir 'n weeklikse "Update"
Woensdag Aand is dit weer tyd vir die Rolbal Business League so vanaf 17h00... dit gaan weer 'n Aand vol hope Pret en Plesier wees..!! Spyker gaan ons weer vermaak met heerlike Musiek... Shooters en SpotPryse gaan weer uitgedeel word..!! Op die Spyskaart is Kerrie en Rys, Vetkoek en Mince, BoereWorsRolle, Jaffels, RibRolls, Pap en Wors/ Mince en Slaaie...!!! Kom loer in en beleef die heerlike Gees en Samesyn van die Toernooi... Kry iets om te eet en neem "Enetjie" by ons Kontant Kroeg teen die beste pryse in die Moot..!!
Donderdag is die SA Reserwe Bank by ons vir hul Kwartaalikse Spanbou in die vorm van 'n MasterChef Potjie Kompetisie... die dag skop af met 'n Buffet Brekfis.. dan begin hul "KOOK" tot 13h00 in ons Pragtige Lapa... Aan Janie en haar span... Sterkte.. Ons sien uit om jul daar te he...!!!
Vrydag kan jul ons "EverSoPopular" T-Bone Special kom nuttig vir R69.00... dis werklike waarde vir jou Geld hierdie 450g T-Been met Pap en Sous of Mash of Chips of Slaai met 'n Heerrrlikke Country Veggie Kebab...!!! Moenie die een mis nie..!!
Saterdag het ons 'n RingTennis Toernooi van vroeg tot laat... Sterkte ook aan Theuns en sy Span...!!
Ons wys al die Rugby aksie op TV's en ook die "Big Screen"..!!!
As jy nog nie by Munies Restaurant en Club 'n draai gemaak het nie... is daar definitief 'n GROOT leemte in jou bestaan...!!
En Laastens... "Waars Dit LEKKERR.... by MUNIES is dit LEKKERR....!!!

23/02/2016

Wat gebeur by Munies Restaurant en Club.. 23-27 Februarie... Dinsdag Aand is die Super 6 Novice Rolbal Aand..
Woensdag is dit weer die BGN Mans Rolbal van 08h00 - 12h00..
Woensdag aand se Business League beloof om weer hope Pret en Plesier op te lewer.... Heerlike Musiek deur DJ Spyker.. Hope pryse en Shooters... Op die MENU te eet sal wees Kerrie en Rys(R25), Vetkoek en Mince(R25), BoereWors Rolle(R25), Jaffels(R20) en Hoender Pastei a la Alfonso(R25) en verskeidenheid slaaie...!! As jy nie stop by Munies nie gaan jy uitmis op die beste atmosfeer en heerlikste wegneem etes..!!
Donderdag is dit die onderskeie sportklubs wat oefen...!!
Vrydag... vir die heel laaste keer die Rock Bottom T-Been Special vir R49.00...!!!
Saterdag begin die Netbal Liga in sy volle Glorie en die dag beloof om ook vol aksie te wees...!! Munies Restaurant is oop tot 17h00 maar ons gaan ook verkeie wegneem etes aan bied teen die beste pryse wat die huidige ekonomiese druk verslaan..!!

Die WeekVoorspelling vir Munies Restaurant en Club... 'n HitteGolf Atmosfeer... gepaardgaande met verspreide goeie buie ...
16/02/2016

Die WeekVoorspelling vir Munies Restaurant en Club... 'n HitteGolf Atmosfeer... gepaardgaande met verspreide goeie buie en afkoelings moontlikhede...!!!
Dinsdag Aand is dit die Super 6's Bowls met heerlike Kerrie en Rys te Koop... Lekker speel Mense..!!
Jip... Woensdag begin die GROTE... Bowls Business League...!! ons gaan 'n verskeidenheid "TakeAway" kosse te koop aanbied. Stop sommer na werk... kry iets vir die Keel.. neem deel aan die Rolbal... toeskouers ook welkom... en gryp 'n TakeAway vir aand ete...!!! Ek verneem hierdie is van die Lekkorrrr aande by die Club...!!!
Donderdag Skole atletiek tot 13h00...!!!
Vrydag is dit nogsteeds Rock Bottom T-Been dag... R49 vir 'n 450g T-Been met Chips/ Pap/ Mash of Slaai.... en jaaa... 'n Gratis Bier vir diegene wat hom hier nuttig...!!
Sterkte aan Wicus Smith en Familie met hul funksie Vrydag Middag in die Lapa...!!!
Saterdag is RingTennis Dag en die opening van die 2016 Seisoen.... Sterkte aan al die Spelers vir jul voorbereiding.. ons gaan lekker kuier en allerhande kosse voorsit in die Lapa die heeldag... maak 'n Draai... jul sal nie spyt wees nie...!!!
Waaaars Dit Lekkerrrr.... By MUNIES is dit Lekkerrrrr....!!!

Geseende Valentyn's Dag... Happy Valentines Day to All... Jip het weer sooo lekker gekuier by Munies Restaurant en Klub....
14/02/2016

Geseende Valentyn's Dag... Happy Valentines Day to All... Jip het weer sooo lekker gekuier by Munies Restaurant en Klub... Dankie aan almal wat daar was en diegene wat die aand 'n Reuse sukses gemaak het... Soveel geskenke en Pryse uitgedeel.... We really Danced the Night Away...!!! Sorg dat jy hier is volgende keer... hou die spasie dop...!!!

Address

C/o Steve Biko & Annie Botha Lane
Pretoria
0001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Munies Restaurant & Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category