VLU Monumentpark

VLU Monumentpark Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from VLU Monumentpark, 79 Eland Road, Pretoria.

VLU Tak in Jakarandastreek
Vergadering: Elke 2e Di van die maand
Tyd: 9:30
Plek: NG kerksaal, Monumentpark
Voorsitter: Liezel Loock
Kontakno: 082 877 4801
Skakelbeampte: Charlene Gush
Kontakno: 084 504 0854

29/06/2026
Die winterkoue het beslis nie Monumentpark taklede gekeer om De Nuit se Opedag by te woon nie!
29/06/2026

Die winterkoue het beslis nie Monumentpark taklede gekeer om De Nuit se Opedag by te woon nie!

In die koue wintermaand van Junie, het Dr Wimpie van Schoor ons harte warm gesels oor die omstandighede waarin seemanne,...
29/06/2026

In die koue wintermaand van Junie, het Dr Wimpie van Schoor ons harte warm gesels oor die omstandighede waarin seemanne, aan boord van skepe wat vir groot skeepsvaart maatskappye werk, lewe. Hierdie was voorwaar ‘n praatjie wat ons harte geraak het en verdien ‘n plasing op sy eie om hierdie inligting te deel!
Dit was ook die byeenkoms waar ons half-jaarlikse miniskou plaasgevind het. Bettie Boshoff het vir ons die beoordeling van artikels waargeneem en sy het waardevolle inligting en wenke verskaf oor die artikels wat voorgelê was vir beoordeling.

Die jaarlikse kreatiewe werksklas tydens n maand byeenkoms, is onlangs in Mei gehou.Liz Louw en haar gasvroue span, het ...
25/05/2026

Die jaarlikse kreatiewe werksklas tydens n maand byeenkoms, is onlangs in Mei gehou.
Liz Louw en haar gasvroue span, het die oggend gereël.
Met slegs enkele beginsels van waterverf skilder en die demonstrasie daarvan, het Liz die angel uit waterverf skilder gehaal.
Toegerus met hierdie kennis het die lede vlytig en entoesiasties begin skilder aan n blomontwerp. Verskeie dames het ontdek dat hulle met hierdie medium kan werk en n treffende eindproduk kan skep. Selfs enkele dames wat al voorheen teleurgestel was met waterverf skilder het onder Liz se leiding, die tegniek baasgeraak.
Dit was n gesellige en verrykkende oggend met genoeg inspirasie om weer te skilder.
Berig deur Amari Haumann
Fotos deur Liz Louw

Decor en verversings in meer detail.
09/05/2026

Decor en verversings in meer detail.

Ons wil graag vir ons borge wys hoe opgewonde die dames was oor hul geskenke!
08/05/2026

Ons wil graag vir ons borge wys hoe opgewonde die dames was oor hul geskenke!

Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor al ons borge.  Sonder julle ruim bydraes sou die VLU Monumentpark...
08/05/2026

Ons wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor al ons borge. Sonder julle ruim bydraes sou die VLU Monumentpark se opedag nie moontlik gewees het nie. Julle ondersteuning het 'n groot verskil gemaak en het bygedra tot die sukses van hierdie spesiale geleentheid. Baie dankie aan:
Susan Coetzer - Boek: Die Uil in die Ysbos
Tanja Smit - Boeke
Diaz Jewellers - Oorbelle
BSM Medical Beauty
Spur - R50 en R100 vouchers
Urban Fields - Ontbyt vir 2
Placecol - Facial
Leeftydskrif
Pêrel Uitstallers, Kobus en Leon
Minette Manicure, Wild Blossom Honey and Tea
Touch of Beauty - Haarsny ter waarde van R350, Porchie Servette
Pollinator Patch, Dewald 3D, PW Engelbrecht - Jou ma se Jams & Pickles, Bets Koekies, Vida Health, Bruis Tydskrif, PNA Vouchers geborg deur Liz Louw, Rooideur.

Address

79 Eland Road
Pretoria
0181

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU Monumentpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to VLU Monumentpark:

Share