Dorpstraat Restaurant Teater

Dorpstraat Restaurant Teater Die beste kunstenaars in die bedryf! Dorpstraat Restaurant Teater is die vernaamste en moontlik die oudste Restaurant Teater in Suid-Afrika.
(1)

Einde Desember 2009 het ons verhuis vanaf die besige Dorpstraat na ‘n rustiger tuiste, tussen wingerde en berge op Summerhill wynplaas, net buite Stellenbosch. Dorpstraat Restaurant Teater bied net die beste in vermaak, kos en gasvryheid binne ‘n atmosfeer van intimiteit en geborgenheid. Ons is nie net ‘n platvorm vir gevestigde talent nie, maar ons strewe altyd om ‘n platform aan ons opkomende ku

nstenaars ook te bied. Vanaf 18:00 kan jy die gejaagdheid verruil vir ‘n kreatiewe rustigheid waar jy tot 19:30 die beste uit ons kombuis kan bestel om liggaam te verkwik. Vanaf 20:30 sorg die kunste vir die bevrediging van die kulturele. . In kort skep Dorpstraat Restaurant Teater vir kliënte en kunstenaars ‘n huis weg van die huis, met voortreflike kos en vermaak teen bekostigbare pryse, om sodoende ‘n Restaurant Teater te skep wat die hele gemeenskap dien. Jy was nog nêrens as jy nie by Dorpstraat Restaurant Teater was nie!!!

Should you or friends or family want to have a proper break and luxurious stay, the place to go is Clos Malverne. Not on...
09/09/2016

Should you or friends or family want to have a proper break and luxurious stay, the place to go is Clos Malverne. Not only do we offer the best in food, wine and spa treatments, but our accommodation will leave you feeling spoilt and rejuvenated.
Please check us out on www.closmalverne.co.za

♥♥♥ - Hy was soooo Rock & Roll - ♥♥♥
13/01/2016

♥♥♥ - Hy was soooo Rock & Roll - ♥♥♥

20/09/2014

Weens swak kommunikasie van my kant, moes ek vanaand se Valiant gig by Towerbosch @ Knorhoek kanselleer. Ek vra groot verskoning aan almal wat hierdeur geraak word. Dalk is dit my aanduiding dat ek my by my 8-5 moet hou en dis dit. Te veel hooi op my vurk. Ek het werklik gedink hoe meer jy doen, hoe meer kan jy doen, maar miskien moet ek nog die "skill" aanleer. Ek weet jammer is maar 'n lee woord, maar jammer!

03/09/2014

Raait, die benefit gig by Hidden Cellar het geloop soos stroop! Die somtotaal van jul vrygewigheid beloop R11 214.90. Julle is die s**z! Ieder en elk wat sy/haar tyd, plek, talente en ponde so gewilliglik gegee het. Namens Dorpstraat Opskiet Teater sê ek nederig dankie. Be good to one another!

16/07/2014

Benodig dringend hulp. Enige iemand daar buite wat kan help met 'n stage vir 25 Julie?
Event moes skuif en nuwe venue beskik nie oor 'n verhoog nie.
Vereistes: 4 x 5m stage, 500mm hoog

Trappie in die middle van die stage

Byvoorbaat dankie!

08/07/2014

Gaan loer asb en "like" die "page" Posters vi Pônne. Dra by tot die voortbestaan van Dorpstraat Opskiet Teater en besit 'n stukkie geskiedenis.

25/05/2014

Nog 'n suksesvolle Dorpstraat Teater Opskietvertoning agter die rug! Dankie aan Koos van der Merwe en al my wonderlike gaste, asook Retro Caffe.

19/05/2014

Alle belangstellendes

Graag wil ek dit onder julle aandag bring, dat Dorpstraat Teater steeds voortleef in die vorm van pop-up vertonings. Nee, ek het nie meer ‘n vaste venue nie, maar reël by verskeie venues steeds optredes met ons land se voorste kunstenaars. Tans maak ek van ‘n hele paar venues gebruik, o.a. Welbedacht plaas te Wellington, Joostenberg Wynplaas op die R304, Retro Caffe te Summerhill op die R44, met Café Art en Amazink as volgende moontlikhede.
Indien jy sou belangstel om ‘n kunstenaar by jou venue te bespreek, hetsy vir privaat of kommersiële vertonings, kan jy my gerus kontak en ‘n afspraak reël. Met kommersiële vertonings kan jy voordeel trek uit my groot databasis van gaste en kunstenaars gelyk.
Ek sal graag nog ‘n venue op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes wil betrek, aangesien ‘n groot deel van my gaste in die area woonagtig is.

Ek sien uit om u steeds die beste in die bedryf te bied. Dankie vir almal se volgehoue ondersteuning. Dit het my beslis deur hierdie oorgangsfase gedra.

Dorpstraatgroete
Michelle Nolte
Eienaar
Dorpstraat Teater Pop-Up Vertonings
[email protected]
072 7355 696

17/03/2014

Dorpstraat Restaurant Teater wil elke kunstenaar, gas, vriend en familielid bedank vir 'n aand wat ons nooit sal vergeet nie. - Liefde en vrede vanaf die pienk bank. - Michelle & Anita en Span

15/02/2014

Vandag in Die Burger:

Dorpstraat@summerhill
Bolandse teater sluit sy deure
‘Eikestad armer’


Willem de Vries
Saterdag 15 Februarie 2014

KAAPSTAD. – Die Dorpstraat­teaterrestaurant, jare lank ’n ­instelling vir die kunste in die Boland, sluit middel-Maart ­vanjaar sy deure.

Prof. Dorothea van Zyl, voor­sitter van Stellenbosch 360 se ­kuns-, kultuur- en erfenis­komitee, sê die sluiting van die Dorpstraat-teaterkafee is “baie negatief in die lig van die ­kultuurbedrywighede op Stellenbosch”.

“Hierdie gewilde kultuur- en kuierplek het mense altyd deur die hele jaar die geleentheid ­gebied om binne ’n intieme ­ruimte nader kennis te maak met vooraanstaande musiek- en ander kunstenaars. Die sluiting laat Stellenbosch aansienlik armer op kultuurgebied.”

Die teaterrestaurant bestaan sedert die 1990’s en is een van die oudstes in die land.

Dit het in 2009 van Dorpstraat in die ­Stellenbosse middedorp na die Summerhill-wynplaas op die R44 tussen Stellenbosch en die Paarl verhuis.

Volgens die eienaars van Dorpstraat@Summerhill, ­Michelle Nolte en Anita Breden­kamp, is “met groot verwagting uitgesien na die suksesvolle voortsetting van die Dorpstraat­teater op die wynplaas Summerhill, net buite die dorp”.

“Daar is geen moeite, koste, sweet of laat aande ontsien om die teater in te rig sodat ’n nuwe omgewing geskep kon word waar akteurs en musikante hul gehore steeds op die hoogste vlak kon vermaak nie.”

Die edel werk om geleenthede te skep vir die vertoon van ­talent, lewer min dividende op vir onafhanklike vervaardigers en ­teatereienaars, sê sy.

Hul evaluering van die ­­­af­gelope vier jaar se bestaan van die Dorpstraatteater buite ­Stellenbosch, teenoor ’n perseel op die dorp, het hulle laat “besluit om die Dorpstraatteater te ­verkoop en sal dit voortaan nie meer as ’n teater bedryf word nie”.

Die US Woordfees het die Dorpstraat-teaterrestaurant as ­lokaal vir Filosofiekafees ingespan. Dit was telkens volbespreek. Vanjaar word die Filosofie­kafee egter in die opelug-fees­restaurant De Vette Mossel aangebied.

“Die US Woordfees betreur die feit dat die Dorpstraat-teaterkafee binnekort ophou om te bestaan,” het Van Zyl, direkteur van die fees, gesê.

“Die Woordfees het ’n vriendskapsverhouding met ­hierdie ­kultuurrestaurant wat oor baie jare strek, vanaf die tyd toe ­Hettie Dollenberg en Elbie ­Adendorf dit baie suksesvol in Dorpstraat bedryf het.

“Dit is voortgesit toe die ­restaurant en sy bedrywighede moes verskuif na die huidige ruimte buite Stellenbosch, wat ongelukkig nie alleen meegebring het dat mense gewoond moes raak aan die nuwe plek nie, maar wat hulle ook blootgestel het aan heelwat inbrake.”

Verlede jaar het die restaurantteater talle kere onder diewe deurgeloop. Binne tien dae is ­onder meer as R60 000 se skade berokken, het Raymond Willemse in Oktober verlede jaar berig.

Laaste optredes

Dorpstraat se program voor sy sluiting is soos volg:

•Op 21 Februarie - Natalie Chapman, op 28 Februarie - Jerome & Geselskap, op 1 Maart- Kanoeksie & Kadoeksie-kinderteater, op 7 Maart - Gert Vlok Nel, op 8 Maart - Luna Paige en Gerald Clark, op 9 Maart - Lieze Stassen, op 14 Maart - Elzahn Rinquest, Jesse Jordan en Hildandi Du Toit, en op 15 Maart - Valiant en Vriende.

Bespreek by 021 889 9158.

Address

Summerhill Farm, "The Shed", R44 (Klapmuts)
Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dorpstraat Restaurant Teater posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category