20/06/2026
Baie dankie vir elke skenking sover. Ons waardeer dit meer as wat woorde kan sê.
Dankbaarheid is ʼn vreemde emosie... die sluk, sluk aan iemand se keel voordat hulle praat......
ʼn Stem wat breek in die middel van ʼn sin....ʼn traan wat vinnig afgevee word....
ʼn Mens d**k dit gaan moeilik by jou huis, maar glo my dit gaan soveel rowwer met iemand daar buite. Wees vandag dankbaar vir wat jy het en as jy ekstra het deel. Paying it forward♡
Almal gaan nou deur ʼn moeilike tyd, so wees net ʼn lekker mens. Dit is nie so moeilik nie.
Iemand het eendag gesê ʼn hand moet oop wees om te gee, dan is hy ook oop om genade te ontvang.
Hoop julle het almal ʼn baie lekker naweek.
Liefde
Die Plaaskind