Bagdad Cafe

Bagdad Cafe 0840658464

05/06/2026
01/06/2026
Met gestoofde perskes en stampmielies ook by julle.
31/05/2026

Met gestoofde perskes en stampmielies ook by julle.

AfvalEk sit so af en toe afval op die spyskaart by Bagdad Café se buffetete op Sondae. Nooit alleen as die enigste hoofg...
29/05/2026

Afval
Ek sit so af en toe afval op die spyskaart by Bagdad Café se buffetete op Sondae. Nooit alleen as die enigste hoofgereg nie, want almal eet mos nou nie afval nie. Almal eet nie eens vleis nie. Almal eet nie meer brood nie. Almal eet nie meer kaas nie. Almal eet nie slaai nie... wag, ek dwaal nou af.
Daar stop een Sondag twee 'moderne' mans by Bagdad. Netjiese manne. Daar’s afval. Die een eet nie afval nie en die ander een kan nie genoeg kry nie. Hy het jare laas afval geëet. Die een wat nie afval eet nie, eet dit nie net nie, hy gril daarvoor. Hoe meer die een wat van afval hou eet, hoe bleker raak die ander ou. Dit raak later ’n gespottery en die afvaleter doen moeite om die verskillende dele van die afval met gebare en geluide soos mmmmm, ooee en aaaa in sy mond te sit, tot hy ten aanskoue van die nie-afvaleter ’n oog met ’n 'ooeeaaammmm' in sy mond sit.
Ek wens ek kon die afgryse op die gesig van die nie-afvaleter beskryf, maar hy spring op, hol om die geboutjie en skiet ’n kat net daar op die Knersvlakte. Dit het ’n tyd geneem vir die afvaleter om tot bedaring te kom van die lag vir sy vriend.
Anyway, ek kry baie versoeke vir afval. Wanneer maak jy weer vir ons ’n afvaltjie Owen? Nou ja, Sondag maak ek weer ’n skaapafvaltjie en ’n lekker beesrib en skenkelpot vir die wat nie aanklank vind by, vir my, die lekkerste kos op aarde… kerrieafval.

Bagdad Cafe BUFFETSondag 31 Mei 2026Voorgereg:Sop met Bakbrood, botter en jam.Hoofgereg:Beespotjie en Skaapkerriafvalmet...
28/05/2026

Bagdad Cafe BUFFET
Sondag 31 Mei 2026

Voorgereg:
Sop met Bakbrood, botter en jam.

Hoofgereg:
Beespotjie en Skaapkerriafval
met rys, braaiaartappels,
pampoen en slaai.

Nagereg: Melktert

"R175pp, Skoliere R125, o/6 gratis.
Bespreek asseblief by 084 065 8464
groete Owen Bagdad Mc Gregor

Address

Grootdrift R27
Vanrhynsdorp
0840658464

Opening Hours

Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 08:30 - 17:00
Sunday 08:30 - 17:00

Telephone

0840658464

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bagdad Cafe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bagdad Cafe:

Share

Category